
NUUSFLITS
.JPG) |
My
naam is Anel en ek is op 7 Mei 2010 gebore.
My
gewig was 3,4kg en ek was 52cm lank.
Dit gaan goed met my en my ma |
Heinrich Martin
Zwemstra is op 17 Februarie 1978 in Randfontein gebore. Sy laërskooldae
was eers in Alberton en later in Kliprivier. Sy hoërskooldae was
weer terug in Alberton – eers Hoërskool Palmietfontein en
daarna Hoërskool Dinamika waar hy gematrikuleer het.
Na matriek is hy
na die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys
om elektroniese ingenieurswese te studeer. Aan die einde van sy tweede
jaar is het hy geroepe gevoel om teologie te studeer en het hy sy ingeneursstudie
verander na B.Sc in Wiskunde met Grieks, Hebreeus, Latyn, Duits en Bybelkunde
as byvakke. Na sy B.Sc studie het hy verder in teologie gestudeer en
die grade Hons. B.Th, M.Div en M.Th. met lof geslaag.
Op 24 November 2001
het Heinrich in die huwelik getree met Jacomien Wille. Sy is op 14 Oktober
1980 in Lichtenburg gebore waar sy ook haar skoolloopbaan voltooi het.
Daarna is sy na die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër
Onderwys waar sy vir Heinrich ontmoet het. Sy het die grade B.Th, Hons.
B.A. (bybelvertaling) en M.A. (bybelse Grieks) met lof geslaag. Gedurende
hulle verblyf in Vereeniging het Jacomien as ’n eiendomsagent
gewerk, maar nou is sy saam met Heinrich voltyds betrokke by Covenant
College Zambië.
In 2004 is hy saam
met sy gesin na Heidelberg (Gauteng) waar hy betrokke was met jeugbediening
en evangelisasie in die Gereformeerde Kerk Heidelberg. In dieselfde
jaar het hy ook sy Ph.D.-studie in etiek begin. Hierdie studie het hy
in 2007 voltooi en gepromoveer by die Noordwes Universiteit.
Op 6 Februarie
2005 is hy in die Gereformeerde Kerk Vereeniging ’95 as predikant
bevestig. Hy was betrokke by hierdie gemeente tot 17 Februarie 2008.
Op 19 Februarie 2008 het hy saam met sy gesin na Zambië vertrek
om predikante op te lei by Covenant College, Petauke, Zambië.
Heinrich en Jacomien
Zwemstra se eerste kind, Jacobus, is op 18 November 2003 in Potchefstroom
gebore. Hulle tweede kind, Nelrie, is op 3 Augustus 2005 in Vereeniging
gebore. As gesin is hulle lief vir mense, die natuur en die uitdra van
die evangelie.
Gradeplegtigheid
14 September2007 |
Zambië |